Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Lied van die Lente" deur Anna-Marie CONRADIE
"Lied van die Lente" deur Anna-Marie CONRADIE [boodskap #13833] Di, 14 April 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
LIED VAN DIE LENTE
Anna-Marie Conradie

Ek wou jou al vertel het:
die lente het sy intrek
in my pophuisklein tuintjie kom neem
die spinnekop (getroue ekowerker)
speel osoonlaagvriendelik insekdoder.

Ek wou jou al vertel het,
maar my verkluimde winterhart hou my
nog in diep oorwintering;
my breindendriete gestol tot yskristal
lê nog vergete op Pluto.

Ek wou jou al gevra het:
speel vir my die klaviersonates van Mozart;
die allegro's sal die winterys smelt
kabbelend laat vloei in andanteriviere -
onbevange bevry uit die winterkokon met rondodanse.

Speel tog vir my Mozart
dat die Namakwalandgeel
weer oordadig wulps
in my hart oopkelk en blom.
Re: "Lied van die Lente" [boodskap #13836 is 'n antwoord op boodskap #13833] Wo, 15 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Reuben Adolf Aldum  is tans af-lyn  Reuben Adolf Aldum
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Junior Lid
Letitia,
As ek dit reg het soek jy 'n koeksister resep!
Die een is van die N.G Weltevreden Park-gemeente, en die koeksisters
wat gebak is met die resep,het baie duisende rande ingebring om die
kerk te bou.

Bestanddele is as volg:-
24 koppies meel
24 hoogvol teelepels bakpoeier
6 teelepels sout
9 eiers
375 margarien

Metode is as volg:-
Vryf botter in droe bestanddele. Klits eiers met 2 koppies water. meng
en voeg nog water by om regte dikte kry. Rol uit bak in olie. Plaas in
stroop.

Groete hier van ' Western Australia'
Willemien
;

;
Vorige onderwerp: " skaweduwee" deur BREYTEN BREYTENBACH
Volgende onderwerp: "Pofadder" deur DONALD RIEKERT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 09:14:54 MGT 2024